McIlroy vat Dubai Desert Classic

Die verdedigende kampioen Rory McIlroy het die Dubai Desert Classic met een hou gewen om die eerste speler te word wat die toernooi vier keer kon wen. Adrian Meronk van Pole was tweede en die Amerikaner Cameron Young, wat Sondag as voorloper begin het, twee houe minder in die derde plek. Die 34-jarige McIlroy van Noord-Ierland se oorwinning volg nadat hy verlede naweek by die Dubai-uitnodigingstoernooi die naaswenner was. McIlroy sê hy sien nou daarna uit om gereed te maak vir vanjaar se majors wat in April met die Meesters begin: