McIlroy sê Norman moet sy LIV-kommissarispos laat vaar

Die wêreld se nommer een, Rory McIlroy, het ‘n beroep gedoen op Greg Norman om sy rol as kommissaris van die wegbreekgroep, LIV-gholf, te laat vaar, in ‘n poging om die dooiepunt tussen die gholftoere op te los. LIV is in afsonderlike regsgedinge gewikkel teen die PGA- en DP-wêreldtoere. McIlroy, wat voorheen op albei partye ‘n beroep gedoen het om ‘n oplossing te vind, glo dit is op die oomblik onmoontlik: