McHenry Venaani se volksmoord-ooreenkoms kan nie bekragtig word

Die leier van die PDM-party, McHenry Venaani, het vanmiddag in die Nasionale Vergadering gesê die geskiedenis van die volksmoord was verkeerd en verskeie leiers het dit in die Verenigde Nasies gesê. Venaani het gevra wat is die kwessie van nasionale belang ten opsigte van die volksmoord-ooreenkoms. Hy het gesê in die ooreenkoms is geen woord van vergoeding nie, dit is nie in nasionale belang nie en dit kan nie bekragtig word nie.