McHenry ook vies oor ‘Namibiese winkel-eienaars’ se goedere wat vernietig is

McHenry Venaani, die PDM-leier vra dat Michael Amushelelo vrygelaat word. Dit kom na sy arrestasie Vrydagoggend vir aanhitsing tot geweld en plundering. Die chaos is ontketen na NamRA gesê het hy het vervalste goedere van 5 miljoen Namibiese dollar vernietig. Venaani sê Amushelelo het ‘n punt beet. Hy is ook van mening dat die goedere van Namibiese winkel-eienaars gekonfiskeer is.

Maar, daar blyk om steeds ‘n misverstand te wees. Die NamRA kommissaris, Sam Shivute, het reeds Vrydag aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat die goedere wat vernietig is, sedert 2015 gekonfiskeer is en dat die groter meerderheid nie by Namibiese besighede gevind is nie.