McDonald’s kry US$105m terug van vorige baas

Die voormalige hoof van McDonald’s Steve Easterbrook het 105 miljoen Amerikaanse dollar, of te wel, 1,67 miljard Namibiese dollar in aandele en kontant aan die maatskappy terugbetaal. Dit word geag as die grootste eis deur ‘n maatskappy van ‘n voormalige werknemer in die Amerikaanse geskiedenis. Easterbrook is in 2019 afgedank na dit aan die lig gekom het dat hy ‘n verhouding met ‘n junior personeellid gehad het. McDonald’s het hom in Augustus 2020 gedagvaar nadat dit aan die lig gekom het dat hy gelieg het oor die omvang van sy seksuele teistering van personeel. McDonald’s sê hy het verskeie verhoudings gehad en ook pornografiese materiaal van die verhoudings op sy werksrekenaar gestoor.