Mbumba sluit weeklange Europese besoek af
President Nangolo Mbumba het sy besoek aan Duitsland en Spanje afgesluit en is terug in die land. Hy het in Hamburg die Volhoubaarheidskonferensie bygewoon waar hy globale finansiële hervormings met die Duitse kanselier Olaf Scholz bespreek het. In Berlyn het hy samesprekings met president Frank-Walter Steinmeier en kanselier Scholz gevoer en bilaterale kwessies soos Namibië se groenwaterstofambisies en die gesamentlike verklaring oor die volksmoord aangespreek. Hy het met die media gepraat by die lughawe.