Mbumba gee sy mening oor jeug en terreur

Die Namibiese adjunkpresident Nangolo Mbumba het sy kommer uitgespreek oor die terreur wat in Mosambiek voorkom. Hy meen dit raak die hele streek en stem saam met kenners dat Afrika se jeug ‘n teiken is vir terreurgroepe. Hy sê daadwerklike stappe moet geneem word om die jeug ekonomies te betrek.