Mbok en kie weer in die hof

Die korrupsie-saak teen die Kameroense sakeman Antoine Mbok hervat vanoggend in die hoërhof voor regter Nate Ndauendapo. Mbok, 40, word saam met Daniel Nghiwilepo, 42, verhoor vir die diefstal van 3,9 miljoen Namibiese dollar. Die saak sloer sedert 2015, aangedryf deur Mbok wat herhaaldelik nuwe regslui aanstel sowel as interokulêre aansoeke. Die staat voer aan dat Mbok sy maatskappy MFinance gebruik het om betalings aan besighede en die Ontvanger van Inkomste aan hom te herlei. Beide Mbok en Nghiwilepo het onskuldig gepleit op al tien klagte teen hulle.