Mbandeka moet sy aanmerkings oor sodomiewet terugtrek – aktivis

Mama Africa, ‘n plaaslike aktivis vir die wettiging van sekswerk het haar stem bygevoeg teen die prokureur-generaal, Festsus Mbandeka, se mening dat die meeste Namibiërs die wet teen sodomie in die land ondersteun en die LGBT-leefstyl as taboe ag. Volgens Mbandeka ontken hy dat die blote bestaan van die sodomiewet die stigmatisering van gay mans bevorder. Mama Africa het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en eis dat die prokureur-generaal sy verklaring terugtrek.