Matriekdans: Staan skole in armer gemeenskappe by

Dit is amper daardie tyd van die jaar wanneer ouers van graad 12-leerders op soek is na spoggerige pakke vir hul seuns en pragtige rokke vir hul dogters vir die matriekafskeid wat deur die skole aangebied word. Ongelukkig is nie alle skole in staat om ‘n matriekdans te bekostig nie. Sommige gemeenskappe het nog nooit ’n matriekafskeid beplan of gehad nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die onderwysministerie se adjunk-uitvoerende direkteur, Edda Bohn, gesels wat ‘n beroep op besighede doen om gemeenskappe te ondersteun sodat matrieks hul mylpaal kan vier.