Massmart weet niks van Black Friday-staking nie

Massmart in Suid-Afrika het bevestig hy het nog nie kennis gekry van die vakbond Saccawu se beplande staking, soos die Wet op Arbeidsverhoudinge vereis nie. Die kleinhandelaar is egter daarvan bewus dat die vakbond sy lede aanmoedig om aan ‘n staking deel te neem tydens die huidige onderhandelings-tydperk. Hulle is skynbaar ontevrede oor werksverliese weens herstrukturering. Brian Leroni van Massmart sê alle pogings tot onderhandelings het misluk: