Massa-ontruimings in Griekeland asgevolg van reuse veldbrande

Griekeland het oornag massa-ontruimings gedoen in die noordelike voorstede van Athene en op die nabygeleë eiland Evia, terwyl wind groot veldbrande aangestook het. BBC Nuus berig duisende mense het hulle huise verlaat naby die Griekse hoofstad en 600 het per boot uit Evia gevlug. Brandbestryders uit Frankryk, Switserland, Swede, Ciprus en Roemenië is ontplooi om Griekeland te help.