Marshall Ranger maan teen ou kalante wat toeriste teiken

Marshall Ranger Sean Naude sê die twee ou kalante tussen Usakos en die Spitzkoppe wat toeriste teiken deur geld uit hulle te swendel, is weer bedrywig. Hulle stop glo voertuie met toeriste en bedel vir diesel en geld. Hy sê vandag is hulle in ‘n ou Mahindra-bakkie en hulle is ook al twee keer in ‘n ou Toyota Hilux-bakkie gesien. Naude waarsku motoriste teen hul skelmstreke.