Mariupol: Word burgerlikes ontruim of nie?

Dit is nie duidelik of burgerlikes in Mariupol ontruim word of nie. Russiese President Vladimir Putin, sê soldate is gereed om veilige deurgang te gee aan burgerlikes wat in Mariupol se beleërde Azovstal-aanleg vasgekeer is. Dit is teenstrydig met berigte uit die Oekraïne dat die aanleg steeds deur bomaanvalle geteiken word maar, die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres het die Veiligheidsraad toegespreek en sê daar is wel ontruimings, al is dit uiters kompleks.