Marikana-herdenking: dit behoort ‘n vakansiedag te wees

Die Instituut vir Maatskaplik-ekonomiese Regte sê die regering behoort 16 Augustus tot ‘n openbare vakansiedag te verklaar as ‘n teken van berou en om die gesinne wat deur die Marikana-massaslagting in 2012 in Noordwes geraak is, te vertroos. Vandag is die negende herdenking van die tragedie waarin 34 mynwerkers aan die hand van die polisie gesterf het. Nomzamo Zondo van die instituut sê die herdenking van die tragedie sal wys dat die regering verbind hom daartoe dat soortgelyke voorvalle nie weer in die toekoms sal gebeur nie: