Marén vra vandag vir borg in die Paarl

Die nou omstrede Fishrot-prokureur Marén de Klerk se borgtogaansoek sal na verwagting vandag in die Paarl-landdroshof voorkom en die staat sal dit teenstaan. Hy het Maandag sy tweede hofverskyning gemaak nadat hy verlede Donderdag in hegtenis geneem is. Dit volg op na die Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab in Mei verlede sy uitlewering amptelik versoek het. De Klerk word deur die Namibiese regering gesoek vir korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery wat verband hou met die Fishrot-skandaal.