Marén de Klerk se uitleweringsverhoor uitgestel
Die uitleweringsverhoor van die Namibiese prokureur Marén de Klerk is weer in die Paarl landdroshof uitgestel, hierdie keer tot volgende maand, volgens plaaslike berigte. De Klerk is verlede jaar borgtog van 50 000 Suid-Afrikaanse rand met streng voorwaardes deur senior landdros Morajee Naik in dié hof toegestaan. De Klerk word in Namibië gesoek in verband met die berugte Fishrot-sage, waarvan die eerste hofverrigtinge laat verlede jaar in die Hoërhof in Windhoek begin het. Die presiese datum van De Klerk se verhoor is nog nie bekend nie.