Marén de Klerk nog steeds in Suid-Afrika
Die uitleweringsverhoor van die Namibiese prokureur Marén de Klerk sal op 4 Oktober in die Paarl-landdroshof hervat word, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Vervolgingsgesag bevestig. De Klerk is vroeër vanjaar borgtog van 50 000 Suid-Afrikaanse rand met streng voorwaardes deur senior landdros Morajee Naik in dié hof toegestaan. Hy word in Namibië gesoek in verband met die berugte Fishrot-sage, wat veronderstel was om op 2 Oktober met sy verhoor te begin. Hierdie datum is egter onlangs om verskeie redes onbepaald uitgestel.