‘Maree sal weer oortree’

Die borgaansoek van die vermeende pedofiel Johann Maree, word môre voortgesit in die Windhoek-landdroshof vir kruisverhoor. Getuienis wat tot dusver gelewer is maak ‘n baie sterk saak vir die weiering van borg. Inspekteur Christiana Simaho het vroeër getuig dat Maree weer sal oortree omdat die verkoop van kinderpornografie sy enigste bron van inkomste is. Volgens Simaho sal dit geen verskil maak op sy toerusting geskut is nie omdat hy steeds by enige internet kafee toegang tot die web en sy besigheid kan verkry. Maree, 50, is verlede jaar in hegtenis geneem op 40 klagte dat hy agt minderjarige seuns tussen 2016 en 2020 verkrag en onsedelik aangerand het. Hy het volgens die staat ook video’s gemaak en dit op die donkerweb geplaas. Hy ontken al die klagtes teen hom. Maree is ‘n voormalige polisieman en reservis vir Nampol.