Maree hoor vandag oor klagte

Johann Maree, ‘n voormalige polisie beampte sal vandag weer in die Windhoek-landdroshof verskyn. Die saak is tot vandag toe uitgestel vir die aanklaer-generaal om te bepaal presies watter klagtes teen hom gebring sal word. Daar is voorlopig 40 klagte van kinderpornografie. Volgens die staat het Maree minderjarige seuns verfilm en die beeldmateriaal op die sogenaamde donker-web verkoop. Die 49-jarige se prokureur Aina Nangolo sê haar kliënt sal nie ‘n pleitverduideliking in die hof indien nie maar eerder wag vir die staat om sy saak te Maree te bewys. Die saak is volgens berigte in samewerking met polisie in Nederland en Suid-Afrika, en met die hulp van Interpol, ondersoek.