Mantashe knou energiesekerheid: DA
Die DA is erg onthuts oor die herhaalde versuim deur energie-minister Gwede Mantashe om ‘n bygewerkte Geïntegreerde Hulpbronplan ter tafel te lê. Die nasionale woordvoerder vir energie van die DA, Kevin Mileham, sê herhaalde vertragings het onsekerheid oor Suid-Afrika se energiebeleid geskep. Mileham het ‘n beroep vir aanspreeklikheid van die kabinet gedoen en verklaar hulle het Mantashe nie verantwoordelik gehou omdat hy die land se energiestrategie teruggehou het nie. Mileham sê dit is hoog tyd dat die Kabinet duidelikheid en rigting gee ter wille van energiesekerheid.