Mans het oor die naweek deurgeloop onder geslagsgeweld, maar maak nie klagte nie

Daar was oor die naweek verskeie gevalle van geslagsgeweld waar mans die slagoffers is. In een geval het ‘n vrou haar kêrel se voertuig verwoes en toe self ‘n klag teen hom gaan lê. Maar, die mans is vir verskeie redes nie geneig om ‘n klag teen die vroue te maak nie. Zack Itodo, jarelange aktivis teen geslagsgeweld sê die stand van sake moet verander.