Mans binnenshuise hokkiespan veg voort
Beide die mans- en vroue hokkiespanne van Namibië maak goeie vordering in Ipoh, Maleisië, by die internasionale binnenshuise toernooie wat onderskeidelik na Sultan Nazrin Shah en sy vrou Tuanku Zara vernoem is. Die Namibiese vroue onder kaptein Petro Stoffberg het ’n oorwinning van 4-1 teen Maleisië behaal ná hul 5-1 nederlaag teen Switserland. Die Namibiese mans het twee oorwinnings aangeteken, met 3-2 teen Nieu-Seeland en 7-5 teen Maleisië. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Trevor Cormack, die afrigter van mans-span, wat sê hulle is opgewonde oor hul volgende wedstryde teen Hong Kong en Suid-Afrika.