Manny dalk Filippyne se president

Die afgetrede bokser, Manny Pacquiao, het bekend gemaak hy is van voorneme om homself beskikbaar te stel om as president van die Filippyne te dien. Hierdie stap word reeds ‘n geruime tyd verwag. Die bokskampioen het in 2010 die politiek betree as lid van die Kongres voordat hy tot die Senaat verkies is. Pacquiao het maande van bespiegelings beëindig deur aan te kondig hy het die benoeming van ‘n mededingende faksie in president Rodrigo Duterte se regerende party aanvaar.