Mango-vlugte gestaak, uitstaande skuld

Alle vlugte van Mango-lugredery is van vandag tydelik opgeskort weens uitstaande betalings aan die Lugverkeersnavigasiedienste. Die lugdiens sukkel finansieel en is tans ongeveer 2,5 miljard Suid-Afrikaanse rand in die rooi. Dit sluit in ongeveer 57 miljoen rand wat aan Lugverkeersnavigasiedienste verskuldig is en 156 miljoen rand aan die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika. Volgens Mango is die redery se senior bestuur en die aandeelhouer in gesprek om ‘n aanvaarbare oplossing vir die dooiepunt te vind. Die redery hoop om vlugte so spoedig moontlik te hervat.