Mango kry sakeredder

Die Suid-Afrikaanse laekoste-lugdiens Mango het Sipho Sono as sy sakeredder aangestel. Mango se eie aansoek om in sakeredding geplaas te word, is Dinsdag goedgekeur. Bembe Zwane, voorsitter van die direksie, glo vlugte sal gou weer hervat. Dit volg na ‘n Suid-Afrikaanse hof uitspraak voorbehou het in die saak waar vakbonde vra dat die maatskappy in sakeredding geplaas word na maande van onbetaalde salarisse.