Mango in sakeredding geplaas

Die lae-koste lugdiens in die buurland, Mango, gaan in sakeredding geplaas word. Dit is vroeër vanoggend deur die tussentydse uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Thomas Kgokolo, bevestig. Die lugdiens is al ‘n geruime tyd in finansiële moeilikheid ten spyte van die parlement se goedkeuring van ‘n spesiale toekenning van 2,7 miljard Suid-Afrikaanse rand aan filiale van SAL. Werknemers van Mango moet al vir maande met gedeeltelike of laat salarisbetalings klaar kom. Kgokolo sê die aangeleentheid word deur die Departement van Openbare Ondernemings aangespreek.