Manetti wens Afrika-spanne in Katar voorspoed toe

Die Fifa Sokkerwêreldbeker 2022 skop môre in Katar af. Die sokkerkoors loop hoog, al mag daar geen alkoholiese bier binne stadions gedrink word nie. Geen Suider-Afrikaanse span kon na vanjaar se Wêreldbeker deurdring nie, maar die vyf Afrika-nasies wat die vasteland gaan verteenwoordig is Kameroen, Marokko, Tunisië, Ghana en Senegal. Geen Afrikaland het nog ooit die Fifa-trofee gewen nie. Die voormalige Brave Warriors-afrigter, Ricardo Manetti sê aan Kosmos 94.1 Nuus die Afrika-spanne word almal deur breiers van die vasteland afgerig. Hy wens hulle voorspoed toe.