Inligtingsvergaderings oor TotalEnergies se 10 nuwe boorgate vandeesweek

Openbare inligtingsvergaderings vind vanaf môre tot Vrydag in onderskeidelik Windhoek, Lüderitz en Walvisbaai plaas vir die aansoek om ‘n omgewingsklaringsertifikaat vir die sink van tien eksplorasie-boorgate in Blok 2912 langs die suidelike kus van Namibië. TotalEnergies hou tans ‘n eksplorasielisensie vir die blok wat in die diepwater Oranje-kom geleë is. Dit volg na ongeveer 13 miljard vate se ru-olie net langsaan, in blok 2913B deur die Franse maatskappy in Februarie aangekondig is. ‘n Aanlyn vergadering sal ook gehou word en die konsep-oorsigverslag sal beskikbaar wees by SLR Consulting vir kommentaar tot 16 Desember. Indien die sertifikaat uitgereik word, sal boorwerk tussen die derde kwartaal van 2023 en tweede kwartaal van 2024 plaasvind.