Man verskyn op moordklag oor N$5

‘n 25-jarige man sal na verwagting vandag in die Mariental-landdroshof verskyn nadat hy na bewering ‘n ander man by Gibeon, oor 5 Namibiese dollar doodgesteek het. Die voorval het in die vroeë oggendure van Sondag by ‘n kroeg plaasgevind. Die 21-jarige Markus Willem Theodor is met ‘n onbekende voorwerp in die bors gesteek het tydens ‘n argument oor die 5 dollar wat Theodor blykbaar aan die verdagte geskuld het.