Man vas vir skietery in Jerusalem

Polisie in Israel sê hulle het ‘n verdagte gearresteer in ‘n skietvoorval net voor sonop op ‘n bus in sentraal-Jerusalem. Agt mense is beseer in die skietery met twee wat kritiek is. Die verdagte het losgebrand op die bus in Jerusalem se sogenaamde Ou Stad en daarna gevlug. Klopjagte is uitgevoer en ‘n huis tot huis soektog is gedoen. Die voorval kom etlike dae na ‘n skietstilstand tussen Israel en Palestina deur Egipte bemiddel is na drie dae se oorlog.