Man vas oor bombdreigement aan Eskom-bedryshoof

‘n Verdagte wat verbind word met ‘n bomdreigement wat die bedryfshoof van Eskom, Jan Oberholzer, in Maart vanjaar ontvang het, is in hegtenis geneem. Volgens ‘n verklaring van Eskom het Oberholzer in Maart ‘n bomdreigement van ‘n onbekende selfoonnommer ontvang. Daar is vasgestel dat die 27-jarige verdagte die boodskap met ‘n ongeregistreerde Sim-kaart gestuur het. Die man is deur die Valke en gekontrakteerde ondersoekers in die Vosman-gebied in eMahlahleni in Mpumalanga opgespoor. Die man bly in aanhouding en sal volgende week in die hof verskyn.