Man vas in Wes-Kaap vir N$4,1m se dwelms

Die Wes-Kaapse polisie sê ‘n 44-jarige man is naby Leeu-Gamka op die N1-hoofweg in hegtenis geneem na hy in besit van dwelms ter waarde van 4,1 miljoen Namibiese dollar gevind is. ‘n Polisiehond het die dwelms uitgesnuffel by ‘n padblokkade. Volgens owerhede was die dwelms, wat as tik bevestig is, versteek in ‘n kompartement wat agter die agtersitplek van die voertuig geskep is. Die man sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.