Man vas in Oos-Kaap oor tabak, smokkelware van N$10 miljoen

Die Suid-Afrikaanse polisie het met die hulp van doeane-beamptes ‘n 31-jarige man in Oos-Londen in die Oos-Kaap in hegtenis geneem weens besit van onverwerkte tabak en ander smokkelware van tien miljoen Namibiese dollar. Hy word ook aangekla van omkopery. Die polisie sê hulle het inligting opgevolg van doeanebeamptes by die Beitbrug-grenspos in Limpopo wat beweer die verdagte het hulle probeer omkoop. Die polisie het ‘n pakhuis in Klipheuwelweg deursoek waar hulle afgekom het op meer as 1 200 houers met 200 kilogram onverwerkte en gesnyde tabak.