Man-U se ondersteuners sal te bly wees as Glazers verkoop

Die Glazer-familie ondersoek die moontlikheid om Manchester United ná 17 jaar te verkoop. Dit volg na klub-ondersteuners se jare lange ontevredenheid met hulle eienaarskap. Die klub sê in ‘n verklaring die raad sal alle strategiese opsies oorweeg. Dit sluit in nuwe beleggings in die klub, die verkoop daarvan of ander ooreenkomste waarby die klub betrokke is. United se waarde word op sowat 102,45 miljard Namibiese dollar beraam. Manchester United Supporters Trust se stigter, Michael Crick, sê dis werklik goeie nuus: