Man stamp glo vrou uit hotelkamervenster

Die polisie in Gauteng het ‘n man in hegtenis geneem vir beweerde poging tot moord op sy meisie. Die paartjie het by die Blue Star Hotel op die hoek van Breë- en Troyestraat in die Johannesburgse middestad ingeboek. ‘n Veiligheidswag by die hotel het in die middernagtelike ure ‘n harde slag gehoor en ‘n 25-jarige vrou in die straat aangetref, wat erg beseer was. Volgens die polisiewoordvoerder, Xoli Mbele, het die man haar na bewering by hul kamervenster uitgestamp.