Man oorhandig homself na dood van Brasiliaanse jiu-jitsu-kampioen

‘n Man het homself aan die Brasiliaanse polisie oorhandig nadat een van die beste Brasiliaanse jiu-jitsu-atlete van alle tye die naweek in die kop geskiet is in ‘n klub in São Paulo. Die agtmalige wêreldkampioen in die gevegskuns, die 33-jarige Leando Lo, is in ‘n plaaslike hospitaal breindood verklaar. Ooggetuies sê ‘n man het hom en sy vriende dreigend genader. Lo het die man op die vloer vasgepen om hom te kalmeer en hom toe laat gaan, waarna hy in die kop geskiet is.