Man doodgeskiet toe hy FBI-gebou met wapen bestorm

‘n Gewapende man wat probeer het om toegang te kry tot die FBI se gebou in Cincinnati, Ohio, is deur die polisie doodgeskiet. Die man, wat as die 42-jarige Ricky Shiffer geïdentifiseer is, het ‘n AR-15 aanvalsgeweer by hom gehad. Daar was ‘n jaagtog, wat gelei het tot ‘n skietgeveg in ‘n mielieland noordoos van die stad. Shiffer se sosiale media platforms maak melding van ondersteuning vir oudpresident Donald Trump en daar was ook plasings dat hy woedend was oor die FBI se klopjag by Trump se landgoed in Miami.