Man doen hom voor as biokinetikus

‘n Man moet volgende Dinsdag in Klerksdorp in Noordwes in die landdroshof verskyn nadat hy aangekeer is omdat hy na bewering as ‘n biokinetikus gepraktiseer het sonder dat hy geregistreer is. Die Valke het Johannes Christian van Belkum Vrydag weer in hegtenis geneem nadat hy sy borgtog-voorwaardes verbreek het. Woordvoerder Thlangelani Rikhotso sê hy staan tereg op aanklagte van bedrog en oortreding van die Wet op Gesondheidsberoepslui.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *