Man daag vir 15 jaar nie op vir werk nie, word betaal

Internasionale media berig dat ‘n werknemer by ‘n hospitaal in Italië vir 15 jaar nie opgedaag het vir werk nie maar, het maandeliks sy salaris ontvang. Die man het in 2005 by ‘n hospitaal in die suidelike stad van Catanzaro begin werk. Hy is oor die 15 jaar ongeveer 540 000 euro betaal sonder om ‘n dag te werk. Hy word aangekla van bedrog, magsbmisbruik en afpersing. Ses bestuurders by die hospitaal word ook in die saak ondersoek. Afwesigheid is volgens berigte ‘n baie groot uitdaging in Italië en owerhede ondersoek verskeie sake in die verband.