Man, 33, vas vir 3 olifanttande

‘n Verdagte is deur middel van nog ‘n spesiale operasie deur amptenare van die omgewingsministerie, die spesiale reserwemag en ander owerhede in die Zambezi-streek in hegtenis geneem vir die besit van ivoor. Die 33-jarige man het drie tande by hom gehad wat in 13 stukke gesny is. Hy is laat Donderdag op Katima Mulilo gearresteer en daar word verwag hy sal vandag in die landdroshof op die dorp verskyn.