Man, 101, vir Nazi-misdade tronk toe

’n Duitse hof het vandag ’n voormalige SS Nazi-wag, nou 101 jaar oud, tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir hulp met die moord op sowat 3 500 mense by die Sachsenhausen-konsentrasiekamp. Die saak het een van die laaste Nazi-verhore in Duitsland tot ’n einde gebring. Aanklaers sê dat Josef S., ‘n lid van die Nazi-party se paramilitêre SS, gehelp het om 3 518 mense na hul dood by die Sachsenhausen-kamp, noord van Berlyn, te stuur deur gereeld tussen 1942 en 1945 in die wagtoring diens te doen.