Malema sê hy het beeldmateriaal van Cyril se kontant…

Die leier van die EFF, Julius Malema sê hy het videomateriaal wat dalk binnekort aan die media uitgelek kan word wat na bewering President Cyril Ramaphosa toon wat harde kontant in Amerikaanse dollar op ‘n vliegtuig tel. Hy het Ramaphosa ook gekritiseer omdat hy na bewering nie belasting betaal het op die geld wat by sy Phala Phala-plaas gesteel is nie.