Malema: Putin sal nie in SA gearresteer word

Die EFF-leier, Julius Malema, waarsku niemand sal toegelaat word om die Russiese President Vladimir Putin in hegtenis te neem terwyl hy in Suid-Afrika is nie. Die Internasionale Strafhof het ‘n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik op aanklag van oorlogsmisdaad omdat hy honderde kinders onwettig uit Oekraïne gedeporteer het. Malema het op ‘n nuuskonferensie in Johannesburg verklaar dat enige poging om Putin in hegtenis te neem, ‘n oorlogsverklaring sal wees.