Malawi bekom groot lening van IMF

Die Internasionale Monetêre Fonds sê dat sy uitvoerende raad ‘n betaling van 88,3 miljoen Amerikaanse dollar aan Malawi goedgekeur het onder die nuwe noodleningsfasiliteit vir die sogenaamde ‘voedsel-skokvenster’. Die fasiliteit is geskep in reaksie op voedselprysstygings en tekorte wat veroorsaak is deur Rusland se oorlog in die Oekraïne. Die IMF sê die lening, wat deel is van sy kredietfasiliteite, die land sal bystaan om dringende betalingsbalans behoeftes aan te spreek wat veroorsaak word deur stygende voedselinvoer- en kunsmiskoste, en ‘n dalende geldeenheid.