Malaria in die Noorde wek groot kommer
Namibië worstel nog steeds met ‘n malaria-probleem, veral tydens die reën-seisoen in die Noorde. Vroeg in die jaar het malaria-gevalle in die Zambezi-streek gestyg, met 7 264 positiewe gevalle wat aangemeld is vanaf die eerste week van 2023 tot die derde week van 2024. ‘n Totaal van 367 van hierdie gevalle was ernstig, volgens Yolanda Lisho, die Zambezi-streek se streeksdirekteur van gesondheid. Die PDM-lid Winnie Moongo, het in die Nasionale Vergadering kommer oor die saak uitgespreek en wou by gesondheid-minister Kalumbi Shangula weet wat hulle planne is om malaria te bekamp.