Malaria-entstof: beste nuus ooit, sê Kamwi

Reaksie word ontvang op die goedkeuring van ‘n malaria-entstof deur die Wêreldgesondheidsorganisasie. Meer as 260 000 kinders onder die ouderdom van vyf sterf jaarliks op die vasteland aan malaria. Dr. Richard Kamwi, ‘n voormalige gesondheidsminister en die stigter van die Elimin8 Malaria-veldtog het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.