Maklike, bekostigbare hernubare energie-oplossings vir landelike gebiede

Die Namibiese ministerie van myne en energie het ‘n nuwe opsie vir kleinskaalse hernubare energie oplossings. Die ministerie het kragte saamgesnoer met die Duitse GIZ-organisasie en die Green People’s Energy-projek gestig. Die doel van die projek is om goedkoop finansiering vir hernubare energie-stelsels aan landelike gemeenskappe, individue, boere en kleinsake te verskaf en sodoende landelike produksie ‘n volhoubare hupstoot te gee. Die adjunk-direkteur van die ministerie se Solar Revolving-fonds Ishuna-Niita Amakutsi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.