Makhura se kantoor ondersoek ook Deokaran-bewerings

Gauteng se premier, David Makhura, sê sy kantoor is besig om ‘n onafhanklike forensiese ondersoeker aan te stel om bewerings te ondersoek wat in die Babita Deokaran-moordondersoek aan die lig gekom het. Die waarnemende finansiële hoof van die provinsiale Gesondheidsdepartement is verlede Augustus in haar oprit doodgeskiet. Die premier se woordvoerder, Mohlalefi Lebotha, sê sy was ‘n getuie in die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na korrupsie en bedrog met die verkryging van persoonlike beskermende toerusting: