Maimane sê SA-slaagsyfer van 30% verdoesel krisis in skole

Die leier van One South Africa Movement, Mmusi Maimane, sê die ANC-regering moet ophou speletjies speel met die openbare onderwysstelsel. Hy het ‘n oproep gedoen dat ‘n einde gemaak word aan matriekuitslae wat op die 30 persent standaard gebasseer is. Hy sê die uitslae moet ‘n 50 persent slaagsyfer weerspieël. Maimani meen die 30 persent kerf verdoesel die land se heersende basiese onderwys-krisis, laat onderwys-leiers aanspreeklikheid vryspring, en verskans middelmatigheid: